Sunday, April 30, 2006

soos misreen in die oggend kleef jy aan my

.



(sorry for the english readers, but i have to do this in afrikaans...)



soms raak ek so nostalgies oor als wat afrikaans is... en soveel meer toe ek Theuns Jordaan se nuwe cd hoor. ag, maak mens sommer huilerig. veral die liedjie...


Jy was ysig in die koue jou hande in jou hoed
Jou jas tot bo geknoop jou glimlag soet
In die eggo van jou wegstap in die woorde van jou groet
Lê beloftes van jou omdraai en na my soek
Bring vir my ‘n Namibsroos bring haar na my toe
Tafelberg die roep my oral waar ek gaan

As jy eendag op ‘n reendag op ‘n grou en eensaam sondag
Voor my deur kom wag
Sou ek jou eensklaps wegvat deur die lug of met die langpad
Na ‘n somervisioen waar ek jou soen
Bring vir my ‘n Namibsroos bring haar na my toe
Tafelberg die roep my reguit na jou toe

As jy eendag met my praat die geheime in jou loslaat
Vir my jou boodskap bring sou ek dit sing
En jy vra my oor ons more sal ons gister weer kan terugkry
Soos misreen in die oggend kleef jy aan my
Bring vir my ‘n Namibsroos bring haar na my toe
Tafelberg die roep my oral waar ek gaan

In die beelde wat my bybly in drome staan jy voor my
In die oestyd van die liefde waar ek jou kry
In die myle wat verbygly lê die ure wat ons saamkry
In 'n Zonnebloemseisoen is ons versoen
Bring vir my ‘n Namibsroos bring haar na my toe
Tafelberg die roep my reguit na jou toe

Stuur vir my ‘n bottle brief
Jou hart se serenade
Die branders sal dit bring
In die warm van jou woorde
Fontein van my gemoed

Sou jy dit alles verstaan as ek nader gaan
En sou jy by my bly staan in glimlag en traan
Sou jy by my staan
Bring vir my ‘n Namibsroos bring haar na my toe
Tafelberg die roep my reguit na jou toe
Bring vir my ‘n Namibsroos bring haar na my toe
Tafelberg die roep my na ‘n zonnebloemseisoen



sal gou weer skryf...
wf
xxx

4 comments :

Anonymous said...

hi daar
praat maar jou hart uit - uit jou hart in die taal van jou hart. as ek aan Theuns dink, hoor ek altyd...soos bloed.... dis so "cool" om 'n soort van bekende gesig se "journal" te lees. bly mooi en geniet alles. Charmaine Thompson, Tzaneen

me..... said...

Hi daar my Wilnamaaikie. Ek verlang so baie na jou. jou blog is altyd so beautiful.
loveya

Anonymous said...

Hi Wilna. lekker om saam jou n traanjie te stort!Mis jou, Zelda

Anonymous said...

Hi Wilna. lekker om saam jou n traanjie te stort!Mis jou, Zelda